Redes waarom baie God nie kan hoor nie
“Aan dié wat na my leer luister, sal meer begrip gegee word, en hulle sal ’n oorvloed van kennis hê. Maar vir die wat nie luister nie, selfs die bietjie verstand wat hulle het, sal van hulle weggeneem word.” (Matteus 13 vs 22, NLT).
Daar is drie tipes drome:1. Eenvoudige drome, 2. Eenvoudige simboliese drome en,
3. Komplekse drome . Hierdie drie kategorieë drome is vlakke waarop God drome aan die mens gee en wat vreemd is, is dat Hy komplekse drome gee aan die onvolwasse of dié waarna verwys word as babas en Hy gee die eenvoudige drome aan die volwasse.
Hoe meer getrou jy is aan God se vorige boodskappe en opdragte, hoe duideliker begin God om te kommunikeer. Ek het ontdek as jy nie getrou is met die drome en visioene wat hy jou gee nie, word dit meer kompleks en moeilik om te verstaan.
Die Bybel sê dit is die heerlikheid van God om 'n saak te verberg wat wys dat God daarvan hou om dinge weg te steek, maar dit sê ook in Johannes 15: "Voorheen was julle diensknegte en ek kon nie my geheime met julle deel nie, want ek deel geheime met vriende." Alhoewel God dinge wegsteek, steek hy weg om jou getrouheid te toets en jou vermoë om te bestuur wat Hy aan jou gee, maar daar is 'n vlak van vriendskap en gemeenskap waar God nie dinge vir jou kan wegsteek nie.
Jesus het gesê vir diegene wat na sy leringe sou luister, sal meer begrip gegee word. So hoe meer jy verstaan hoe meer openbaar hy. Maar hy het ook gesê dat diegene wat nie luister nie, selfs die bietjie kennis wat hulle het, weggeneem sal word. Daarom lyk dit of diegene wat die woord nie ken nie, meer en meer onkundig is oor God en sy weë en diegene wat hom ken blyk meer en meer uit te blink in begrip.
As jy iets nie waardeer nie, verloor jy dit. ’n Verhouding waarin jy nie moeite doen nie, sterf uiteindelik. God praat duidelik met diegene wat hom ken en hy gebruik gelykenisse of komplekse kommunikasie aan diegene wat nie 'n volwasse verhouding met hom het nie. Gemeenskap veroorsaak dat sy stem duideliker is en gebrek aan gemeenskap doen die teenoorgestelde.
Leer om jou verhouding met God te kweek, want God deel geheime met sy vriende en diegene wat hegte gemeenskap met hom het. Moses was so naby dat God gesê het ek praat mond tot mond met hom en nie in donker toesprake nie en in daardie voorval het hy gewys hy praat anders met Aäron en Mirriam. God praat wel maar hy kommunikeer anders met sy skepping en dit lyk of daar mense is met wie hy duideliker praat terwyl hy donker toesprake aan ander gebruik.
Al praat God, kom duidelikheid uit jou posisie in Hom. Mense soos Moses Elia en Selfs Henog was gewone mense, maar as gevolg van die verhouding wat hulle met God gehad het, was Die Stem so duidelik. Die sleutel vir God se Stem om duidelik te wees is gemeenskap en rentmeesterskap en jy kan op hierdie vlak funksioneer as jy wil.
Is jy bereid om te druk om begrip te hê van daardie komplekse boodskappe wat hy vir jou gee en die taak uit te voer totdat hy jou met die eenvoudige boodskappe kan vertrou en duidelik met jou kan praat.
My gebed vir jou is om jou begrip te laat toeneem en sy vermoë om jou te vertrou groei in Jesus se naam.
God seën jou